Omgee

Kom 'Journey' saam in die geloof Wees die verskil!

OMGEE

SUNGEM

 

Ons as gemeente kom al ‘n lang pad saam met die Groenhuis. Op die oomblik is daar 11 kindertjies in die huis – Ouderdomme wissel tussen 3 en 7 jaar.

Die afgelope paar jaar was ons baie bevoorreg. Die kinders kon hierdie jaar ons kerkkermis bywoon, te danke aan borge en donateurs.

Ons is oop vir enige ideas wat ‘n verskil kan maak in hierdie kinders se lewe. Daar is altyd ‘n tekort aan helpende hande. Ons moedig enige iemand aan om betrokke te raak sodat ons ‘n verskil kan maak, al is dit selfs ‘n kort kuiertjie, ‘n storie lees of ‘n donasie maak.

Indien u wil betrokke raak of ‘n bydra lewer, kontak vir Frikkie 082 461 5202

 

Etes word aan die volgende skole en kleuterskole verskaf: Villa Lisa Kleuterskool, Holomisa -Impendulo (The Answers) Day Care Centre & Groeneweide Kleuterskool en Laerskool Van Dyk.

Die meeste disse is eenpot-disse met groente wat bygevoeg word. Ons het gevind dat die kinders nie die groente eet as dit apart van die ander kos is nie. Toebroodjies word ook sekere dae aan die kinders verskaf. Villa Lisa  kry Dinsdae tot Donderdae kookkos, Rebone kry Maandae en Vrydae toebroodjies en Dinsdae tot Donderdae kookkos. Van Dykpark Laerskool kry Dinsdae en Donderdae kookkos wat deur Dick Vorster afgelewer word. Holomisa kry Maandae en Vrydae toebroodjies.

Etes per 4 week maand – 3660

  • Maandag: Toebroodjies met polonie, bovril, konfyt, grondboontjiebotter

  • Dinsdag: Pasta, hoender & groente

  • Woensdag: Biefstew met groente & rys, stampmielies, mielierys of  pap

  • Donderdag: Hoender, groente en rys, stampmielies, mielierys of  pap

  • Vrydag: Toebroodjies met polonie, bovril, konfyt, grondboontjiebotter

Vars groente word normaalweg op ‘n Maandag of op ‘n Dinsdag voorberei deur kombuispersoneel en vrywilligers.

Daar word ook noodpakkies, bestaande uit nie-bederfbare produkte aan mense in nood voorsien. Dit is voldoende vir 4 persone vir 2 weke. Ons besef dat die nood baie hoog is en ons het ‘n konstante behoefte aan skenkings van nie-bederfbare produkte.

Koördineerder: Elize Malan-Cameron 082 365 2246

Werkers: Partricia Gaga – Hulpkok

               Vrywilligers