Maak Dissipels

Kom 'Journey' saam in die geloof Wees die verskil!

dissipelskap

SUNGEM

Ons bediening is gebaseer op Hand.1:8

 

“Gaan maak dissipels in Judea, Galilia, Samaria en tot aan die uiterstes van die aarde”. “Judea” is ons gemeente waar die meeste van die energie deur ons predikers, verskeie bedieninge ingaan. “Galilia” is vir ons, Suid-Afrika , Bybelverspreiding, klein Bybels, Gevangenisbedienig dmv. geestelike verryking en literatuur verspreiding. “Samaria” is vir ons Afrika waar ons betrokke in Botswana, Mosambiek en Egipte is.

Uitbreiding van die Evangelie na Boksburg, Suid-Afrika, Afrika en res van die Wêreld. 

 

Bybelverspreiding word deur Leoni Fick gekoordineer. Sy het ‘n groot passie daarvoor. Sunwardpark het ‘n maandelikse begroting vir Bybelverspreiding. Leoni kry ook bydraes van individue. Versoeke vir Bybels kom van letterlik “heinde en verre” maar daar is altyd geld om te voorsien aan die vraag. (Leoni 082 395 7330)

Geopende Deure lê ook baie na aan ons harte en Sunwardpark ondersteun hulle. Besoek gerus hulle webtuiste by www.opendoors.com .