Inpas
"Begelei die gemeente, die INPAS - rItmes en gewoontes"
Die Inpas-bediening help elke lidmaat om te vra: Waar is God aan die werk, en hoe wil God hê moet ons/ek deel wees daarvan?
As gemeente glo ons dat die kerk ’n gemeenskap is wat deur God gestuur word om God se liefde en koninkryk sigbaar te maak in die wêreld. ’n Missionale gemeente fokus na binne en versorg ons gemeente gemeentelede, maar beweeg ook na buite – na mense, gesinne, die gemeenskap en die wêreld waar God reeds aan die werk is.
Deur mense se gawes, passie, ervaring en roeping te ontdek, wil ons mekaar en ander toerus om doelgerig te dien. Inpas is ’n uitnodiging om ingeprop te wees by God Drie-enig, bewus te wees van God se beweging in ons wêreld en met ons hele lewe 24/7 deel te word van God se missie.
’n Belangrike deel van ons werk is die vestiging van ‘n lewensritme wat geloofsgewoontes insluit binne ons eredienste en gemeentewerksaamhede. Ons wil ook ’n netwerk bou met ander gemeentes en instansies wat dieselfde roeping dra, sodat ons saam kan leer, groei en dien – binne en buite ons gemeentegrense.
’n Diverse begeleidingspan is gevorm om die gemeente en die gemeenteraad by te staan soos uiteengesit in die NG Kerk se INPAS-gids (nl. In Pas met die lewende God), sodat ons met uiteenlopende perspektiewe, ervarings en idees kan saam dink, ontdek en dien. Enigiemand is welkom om ’n hand op te steek en deel te word van die Inpas-bediening!
