Tuisblad Wie is Wie Bedieninge Admin Gemeenteraad Aflaaimateriaal Kontak Ons
SUNWARDPARK 
GEMEENSKAPSKERK

Hoe Dien Ek? – Deur Geloof … Hoop … Liefde …


Welkom by Sunwardpark Gemeenskapskerk se webtuiste



)





















































































Website developed and hosted by

Execmail.co.za

LEES MEER OOR DIE 6 “g”s

Ons vestig ons 6 “G”s met hulle strawende teksverse as volg:

Groei - 2 Petrus 3:18 “Sorg liewer dat julle steeds groei in die onverdiende goedheid en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus.”


Gee - 2 Korintiërs 8:5 “…eers het hulle hulleself aan die Here gegee, en toe aan ons sodat hulle kon optree volgens die wil van God.”


Gaan - “MATTEUS 28:9-10 “Gaan dan, maak al die nasies my dissipels en doop hulle in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het…”


Gawes - Romeine 12:6-8 “Ons het gawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. Ons moet hierdie vermoëns reg gebruik.”


Groepe - Handelinge 2:46 “Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaar gekom en van huis tot huis die maaltyd van die Here gevier...”


Genade - Efesiërs 2: 8- 10 “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ’n gawe van God…”

Die eindresultaat

Ons nuwe roeping stelling: ‘n Bybelse Gemeenskap… Passievol vir God Drie-enig en alle mense.


In 2012 vra ons elkeen: ”Here, waar kan ek U en alle mense met passie dien?”


Sunward park Gemeenskap kerk is ‘n gemeente wat graag ‘n Bybelse gemeenskap wil wees. Dit beteken dat alles wat ons doen een fokus sal hê en dit is Jesus ons Here. Ons is ‘n verhoudings kerk waar my verhouding met God prioriteit is en my verhouding met my broers en susters in die gemeente net so belangrik is.


Ons wil graag vir elkeen die geleentheid bied Om sy of haar gawes en talente uit Te leef en daardeur God Te verheerlik. Elkeen is belangrik, daarom vra ons jou dat soos jy deur hierdie blaadjie gaan en jy sien ‘n plekkie waar jy graag wil dien, meld asseblief aan. Ons wil nie dat iemand uit moet voel nie en voel hulle aandeel is nie belangrik nie. Jy is vir ons belangrik.


Ons wil graag by jou betrokke wees in tye van voor-en teenspoed. Kontak ons enige tyd wanneer jy ons nodig het. Ons wil daar wees vir jou.


Mag jou deel wees van hierdie gemeente vir jou ‘n verrykende ervaring wees. Mag jy hier ‘n geestelike tuiste vind waar jy kan groei in jou verhouding met God.