Tuisblad Wie is Wie Bedieninge Admin Gemeenteraad Aflaaimateriaal Kontak Ons
SUNWARDPARK 
GEMEENSKAPSKERK

Hoe Dien Ek? – Deur Geloof … Hoop … Liefde …


Welkom by Sunwardpark Gemeenskapskerk se webtuiste



)





















































































Website developed and hosted by

Execmail.co.za

GETUIENIS

Ons bediening is gebaseer op Hand.2:8


“Gaan maak dissipels in Judea, Galilia, Samaria en tot aan die uiterstes van die aarde”. “Judea” is ons gemeente waar die meeste van die energie deur ons predikers, verskeie bedieninge ingaan. “Galilia” is vir ons, Suid-Afrika , Bybelverspreiding, klein Bybels, Gevangenisbedienig dmv. geestelike verryking en literatuur verspreiding. “Samaria” is vir ons Afrika waar ons betrokke in Botswana, Mosambiek en Egipte is.


“Die uiterstes van die aarde” is vir ons. Madagaskar, Doulos skip, Geopende deure en ook die volgende:


Willem en Carrol Nel werk in Marcia Mosambiek. (160 Km noord van Maputo) Willem, self ‘n predikant, het dertien jaar gelede die Bybelskool “Volta A Biblia” daar begin met niks behalwe berge geloof. Tot datum is meer as vierhonderd studente opgelei in drie-maande, een jaar en drie-jaar kursusse. Laasgenoemde is evangeliste wat dan self in nuwe of bestaande gemeentes gaan werk. Sunwardpark Gemeenskapskerk ondersteun ses studente daar. Ons besoek hulle jaarliks en is tans besig om, met ‘n ander gemeente ‘n kerk daar te bou.


More

Mosambiek

Nuusbrief

Gawie en Dina Joubert is al ongeveer twee en twintig jaar werksaam in Xanagas, New Xanagas en omgewing.

Sy bediening is hoofsaaklik onder die boesmans. Sy “glory lorry” is ‘n bekende gesig in die omgewing.

Al is daar nie groot kerkstrukture te sien nie, is reuse werk vir God se koninkryk oor die jare daar gedoen.



More

Xanagas

Ecuador

Egipte

Egipte het van ons mense aangegryp en dis nou reeds die derde jaar wat van ons mense daar besoek gaan aflê, hierdie keer vir drie maande. Voorspoed en seën word aan Franci Groesbeeck toegewens. Besoeke van christene word daar baie waardeer.

Madagaskar

Jaco en Ilke Struwig werk in Madagaskar. Jaco is reeds twaalf jaar daar. Albei hou drie dae per week skool om inkomste te genereer. Jaco bestuur en gee lesings in die Bybelskool daar en bedien in die omgewing.

Sunwardpark besoek hulle jaarliks. Sy vrou, Ilke bestuur ook ‘n “wellness centre” wat kos en basiese mediese dienste verskaf aan die armes.

Operasie Mobilisasie

O.M. - Operasie Mobilisasie is die bediening wat met ‘n skip van hawe tot hawe vaar en waar hulle anker gooi, word boeke verkoop en die Woord bedien. Riana van der Berg van ons gemeente is op die skip werksaam. Ons is baie trots op haar.


Riana se verslag bybelverspreiding

Bybelverspreiding word deur Leoni Fick gekoordineer. Sy het n groot passie daarvoor. Sunwardpark het ‘n maandelikse begroting vir Bybelverspreiding. Leoni kry ook bydraes van individue. Versoeke vir Bybels kom van letterlik “heinde en verre” maar daar is altyd geld om te voorsien aan die vraag.



geopende deure

Geopende Deure lê ook baie na aan ons harte en Sunwardpark ondersteun hulle. Besoek gerus hulle webtuiste by www.opendoors.com


Let us fight the devil

EcuaWindow

The A-Team

Daniel Hartzer

Yolandi Roos

InContext